Die BKSA bevorder die volhoubare gebruik van ons berghulpbronne, en fasiliteer toegang tot ons natuurlike erfenis op ‘n vriendelike en ondersteunende wyse deur:
Stap & Klouter
Ons Afdeling organiseer gereelde rugsakreise, wat wissel van daguitstappies tot vyfdaguitstappies, wat ook wissel van maklik tot taamlik strawwe. Die meerderheid van ons staptogte is nie op roetes of selfs waar paaie bestaan nie. Ons besoek meestal die Oos-Vrystaat en Lesotho vir gewone naweekstaptogte, en oor langnaweke besoek ons graag die KwaZulu-Natalse Drakensberge, die Noordoos-Kaapse berge en Lesotho ook. Ons organiseer ook een of twee uitgebreide rugsakreise per jaar (gewoonlik tydens skoolvakansies) na plekke verder weg, soos die Oos- of Wes-Kaap-streke, Namibië of die noordelike dele van die land.
Sosiale Byeenkoms
Ons Afdeling hou van tyd tot tyd sosiale aande, waar skyfies gewys word en soms interessante praatjies gelewer word.